Toe Kyesha Smith Wood van Alabama, Amerika, hoor hoe swak haar tienerdogters hulle gedra het, het sy op Facebook om verskoning gevra in ’n plasing wat vinnig ’n internetsensasie geword het.

Nadat sy haar tienerseun en twee 13-jarige dogters verlede naweek by die rolprentteater gaan haal het, het sy gehoor haar dogters was ontwrigtend en luidrugtig tydens die rolprent. Haar seun het haar vertel ’n mede-fliekganger het haar dogters gevra om bedagsamer te wees, waarna die twee met nog meer minagting en onbeskoftheid gereageer het.

Sy het die vrou toe in die volgende Facebook-inskrywing om verskoning gevra:

grab

Die plasing het sedertdien ’n sensasie aanlyn geword en Kyesha se streng dissipline en ouerskapsvaardighede word aangeprys.

Sy het met die vrou van die teater in aanraking gekom en dié het haar geloof.

Rebecca Boyd van Adger, Alabama, sê die briefie het haar “laat huil” en wys daar is “nog goeie mense in die wêreld.

“Ek koester geen kwade gevoelens teenoor hulle nie en ek is trots op hul ouers. Die meisies is nie sleg nie . . . hulle is kinders. Ek is bly hulle leer ’n les. En hoop dat wanneer my tieners hulle swak gedra . . . iemand vir hulle iets sal sê.”

Kliek hier vir ons wenke oor jou kind en dissipline:

As jou kind handuit ruk: Kliek hier

Dissipline sonder woede: Kliek hier.

Bronne: buzfeed.com, abcnews.com, facebook.com