Laura Whitworth (39) het klein Jonah in die vrouekleedkamer aangetrek ná sy swemles en toe besluit hy om himself te vermaak met dié weggooi-artikel wat hy daar ontdek het.

[caption id="attachment_146317" align="alignnone" width="600"]FOTO: Magazine Features FOTO: Magazine Features[/caption]

Tot sy ma se afgryse het Jonah die stukkie plastiek ongesiens op sy gesig geplak en toe aangekondig hy is ’n superheld – tot groot vermaak van die ander vroue in die kleedkamers.

Lees ook: Baba gebore met merkwaardige streep wit hare – nes ma, ouma en oumagrootjie voor haar

[caption id="attachment_146319" align="alignnone" width="599"]Scott (44) en Laura Whitworth met hul kinders, Jonah en Una (3). FOTO: Magazine Features Scott (44) en Laura Whitworth met hul kinders, Jonah en Una (3). FOTO: Magazine Features[/caption]

Die pensioentegnikus het erken sy het ten spyte van haar verleentheid eers vir Jonah toegelaat om vir ’n foto te poseer voordat sy hom aangesê het om nie goed van die vloer af op te tel nie.

Lees ook: Baba se besonderse kapsel laat die koppe behoorlik draai!

[caption id="attachment_146318" align="alignnone" width="600"]Jonah, geklee as Thor (’n meer higiëniese kostuum). FOTO: Magazine Features Jonah, geklee as Thor (’n meer higiëniese kostuum). FOTO: Magazine Features[/caption]

Het jul kinders al ooit iets gedoen wat julle bloedrooi laat bloos het? Deel jul stories met ons op ons Facebookblad, of stuur ’n e-pos na web@huisgenoot.com.

— MAGAZINE FEATURES