Natuurlik geld hierdie beleid teen drukkies nie wanneer die jongeling ’n liefdesbelangstelling ontwikkel nie.

Die Amsterdammer Marieke Voorsluijs en haar seun het ’n gesprek oor sy behoefte aan ruimte gehad wat gebots het met haar behoefte om haar liewe kind tog net so af en toe ’n drukkie te gee. Lees ook: Hanteer so kinders se stres en angs Toe beraam die vaardige Marieke ’n plan. Sy gryp haar breipenne nader . . . en brei vir haar ’n nuwe seun, lewensgroot en byna lewensgetrou. Dié projek het twee maande geduur, maar deesdae is ma en seun(s) heelwat meer tevrede met die wêreld. Sy kan haar wollerige seun druk net wanneer sy wil en haar seun van vlees en bloed kan sy vryheid verder verken.

Marieke is heeltemal vertroud met vreemde en eksentrieke breiprodukte. Lees ook: 'n Breipatroon vir kabels en kortmoue Sy word bestempel as iemand wat geheel en al behep is met wol, brei en tekstielkuns. Van die vreemdste produkte wat op haar webtuiste, Club Geluk, aangetref word, sluit gebreide mansonderbroeke in, gebreide garnale wat gewis nie verteerbaar is nie en die voorblad van ’n plaaslike tydskrif.

Bronne: i100.independent.co.uk, dailymail.co.uk, huffingtonpost.com