Kyk net hoe oulik is Minki van der Westhuizen se kleinding, Katerien.

Die model en TV-persoonlikheid het dié foto van haar en haar man, die Saracens-rugbyspeler Ernst Joubert, se eersteling op die sosiale netwerk, Instagram, gedeel.

Katerien is verlede week gebore en dit lyk of die trotse ouers hul kleinding behoorlik geniet. “Ek is ’n mamma. My grootste prestasie nog! Dankie, Jesus, vir hierdie ongelooflike seën! #katerien #dankbaar,” het Minki vroeër vandag getwiet.

“Moederskap is die beste ding wat nog met my gebeur het,” het Minki pas via e-pos laat hoor. Sy en Ernst woon tans in St. Albans, noord van Londen. “Dit voel nog elke dag of ek op ’n wolk sweef. God het vir ons ’n perfekte dogtertjie gegee. Ernst is ongelooflik. Ek het soveel nuwe respek en liefde vir my man. Hy is so handig met Katerien en ruil vir seker doeke ook om.”

Minki sê haar en Ernst se ouers was nie in Engeland vir die geboorte nie. “Ons het haar op Skype aan die familie voorgestel.” Te oulik!

Volg Mini op Twitter: https://twitter.com/minki_vdwest