Minki en haar man, die Saracens-rugbyspeler Ernst Joubert, woon in St. Albans naby Londen, maar die paartjie kuier tans in Suid-Afrika. Dis hul eersteling se eerste besoek aan haar ouers se vaderland.

Minki kon skaars wag om dié oulike foto’s van hul vier maande oue dogter op Instagram te deel. Dit lyk klaar of klein Katerien in haar modelma se voetspore gaan volg: Die kleinding is klaarblyklik versot op die kamera.

Katerien is ook tydens hul besoek gedoop. “Dit was ’n baie spesiale geleentheid en dag!” het Minki se ma, Carien van der Westhuizen, op Facebook laat hoor. Minki en Ernst geniet die Kaap duidelik terdeë. Minki het foto’s van hulle op die strand gedeel. Sy het vertel sy het die eerste keer ná Katerien se geboorte weer gewerk toe sy ’n insetsel vir die leefstylprogram Pasella verfilm.

Hier is van die foto’s wat sy op Instagram gedeel het:

Minki 7

Minki 8

Minki 9

Minki 11

Minki 12

Minki 13