Brittney Johnson (27) van Columbia, in die Amerikaanse deelstaat Missouri, bevind haarself in daardie bootjie. Haar eks, Charlie Swarzentruber, ook die pa van haar vierjarige dogter, Payton, het aanbeweeg en liefde by ’n nuwe meisie, Kayla Imhoff, gevind.

Brittney was aanvanklik bekommerd oor hoe Payton sou reageer op grootword in twee huise. Meer nog – sou Payton dalk meer van Kayla as van haar eie ma hou? Terselfdertyd was daar die hoop dat die nuwe vrou in Charlie se lewe Payton soos ’n eie ma sal liefhê.

Brittney en Kayla het mekaar twee jaar gelede ontmoet en vriende geraak.

“Om vriende te wees met Payton se stiefma beteken nie ek het kompetisie of dat sy my probeer vervang nie,” skryf Brittney op haar Facebookblad.

Maar die inskrywing wat die wêreld aan die gons het, is die brief wat Brittney op 13 Julie met Kayla gedeel het.

“Aan al die ma’s daar buite wat hulself te buite gaan wanneer ’n ander vrou jou kind soos haar eie behandel: Hoekom is dit nie presies wat jy sou wou gehad het nie?

Laat ek julle vertel, ek is besig om ’n sterk meisie, ’n slim meisie en ’n dierbare meisie groot te maak.

“Ek het een aand gebid vir die soort vrou saam met wie my dogter se pa sou wees, wetend dat sy (Payton) in twee huise sal grootword.

“Kayla was ’n geskenk veel meer omvangryk as waarvoor ek kon hoop. Sy het verpleegskool begin en Payton is van toe af versot op haar. Toe bestel Kayla vir haar haar eie mini-verpleeguitrusing om by hare te pas.

“Laat ek julle vertel, ek is besig om ’n sterk meisie, ’n slim meisie en ’n dierbare meisie groot te maak,” skryf Brittany. Sy sê daarom wil sy niks minder vir Payton hê as om met rolmodelle omring te wees wat ook so is nie.

Jy’s ’n ware rolmodel en ’n wonderlike bonus-ma en ons is so trots op jou!

Sy bedank ook vir Kayla omdat sy vir Payton wys hoe om haar drome na te jaag, hoe om hard te werk en om vir toetse te leer.

“Dankie dat jy steeds tyd maak om saam met haar fiets te ry en vir haar macaroni-en-kaas te maak al is dit een van die mees spanningsvolle tye in jou lewe. Jy’s ’n ware rolmodel en ’n wonderlike bonus-ma en ons is so trots op jou!”

Kayla se reaksie

“Vandat ek verpleegskool begin het, het Payton my soveel vrae gevra. Sy dink letterlik dis die koelste ding ooit en sy wil ’n verpleegster word wanneer sy groot is,” lees haar Facebook-inskrywing.

Sy sê Payton wou weet of daar ’n mini-verpleegskool is wat sy solank kan bywoon. Kayla sê verder mense moet daarvan bewus wees dat hul kinders, stiefkinders, niggies en nefies na hulle opsien.

“Payton het my dit geleer.”

Hoe Facebook-gebruikers op Brittney se plasing reageer

Bronne: popsugar.com, cafemom.com, usmagazine.com