Waarskuwing: Hierdie berig kan sensitiewe lesers ontstel

Maar Vrydag het hul pa, Randall (48), ’n IT-bestuurder, betreklik kalm ’n noodoproep gemaak met die bloedstollende woorde: “Ek het so pas my twee kinders doodgeskiet. En ek het my vrou geskiet. Ek gaan nou myself doodmaak.”

[caption id="attachment_163965" align="aligncenter" width="600"]Randall het homself ook om die lewe gebring. Foto: Twitter Randall het homself ook om die lewe gebring. Foto: Twitter[/caption]

Hy verskaf hul adres aan die operateur, maar hou vol dat hulle reeds dood is en dat hy homself ook nou uit die weg gaan ruim. Dan raak die lyn stil . . .

Dié oproep van kwalik ’n minuut en ’n half het lewens vir altyd ingrypend verander.

  Toe sy vrou, Anjum (46), by die huis aankom, het Randall haar vertel wat hy gedoen het. Sy was sy volgende teiken en hy het haar in die been getref. Randall sou aan haar gesê het hy wil hê sy moet leef – en ly soos wat hy gely het. Sy het darem ’n noodoproep kon maak waarin sy die hartverskeurende nuus met die operateur deel: “Iemand, help – nóú! My man het my kinders geskiet!”
Die paniekbevange Anjum kon nie met sekerheid sê of Randall nog die vuurwapen in sy besit gehad het nie. En dan begin sy gillend na haar dogter Brittany roep. Tydens dié 7 min. lange oproep kan daar gehoor word hoe die polisie op die toneel aankom in reaksie op Randall se oproep. KLIEK HIER om na Anjum se hartverskeurende oproep te luister.
Randall het sy belofte gestand gedoen en homself doodgeskiet. Die polisie het twee 9 mm-pistole in die huis gevind – een naby Randall se lyk en die ander in ’n kas. Brittany en Tiffany is elk met ’n enkele kopskoot gedood. Luidens berigte is een van hulle op die rusbank gevind en die ander in ’n slaapkamer.
Die polisie het in Februarie huismoles by die Coffland-woning ondersoek. Hoewel daar ’n gegil was, was daar geen sprake van fisieke geweld nie.
Hoewel Gabrielle Willaert (17), ’n klasmaat van Brittany van onmin tuis melding gemaak het, is dit nog onduidelik wat tot die tragedie gelei het. Brittany het glo altyd haar onsekerheid gedeel oor of sy take sou kon voltooi omdat dit nie so goed tuis gegaan het nie. Randall en Anjum het nie in dieselfde huis gewoon nie.

Dit was die eerste moord in jare in dié buurt. Die laaste moord het in 2008 plaasgevind toe ’n besope man iemand doodgesteek het.

“Dis ’n betreklik rustige gemeenskap. Ons het ’n handjievol skietvoorvalle die afgelope 30 jaar gehad,” het die adjunk-polisiehoof, David Kintz, aan Washington Post gesê.

“Maar dít is geheel en al abnormaal. Dit is hartverskeurend.”