Die verwoestende brand het alles in sy pad verwoes en geen van die slagoffers kon aan ’n vlammedood ontsnap nie.

Die noodlottige brand het omstreeks 04:30 vanoggend in Mpangelesingel in Philippi-Oos op die Kaapse Vlakte uitgebreek.

Daar heers nog onsekerheid oor wat die brand veroorsaak het.

Luidens berigte is dit ’n ma, pa en hul vier kinders wat in die brand omgekom het. Die kinders is onderskeidelik 2, 4, 6 en 9 jaar oud.

In ’n afsonderlike brand in Gugulethu is een man dood en 13 dakloos gelaat nadat ’n brand as gevolg van ’n kortsluiting uitgebreek het.

Theo Layne, ’n woordvoerder vir die Stad Kaapstad se brand-en-reddingsdienste, het die voorvalle bevestig.

“Die Stad se brand-en-reddingsdienste het reageer op twee voorvalle en sewe slagoffers, wat noodlottig verbrand is, is gevind. Die oorsaak van die brand in Philippi-Oos is steeds onbekend maar dié in Gugulethu is deur ’n elektriese kortsluiting veroorsaak.”