Die treurende ma van Atlanta se hart is gebreek toe haar seun, Lake, slegs ’n paar maande voor haar troue in Oktober met haar ou vriend, die stryd teen leukemie verloor het.

“Dit was amper ondraaglik om gesinsfoto’s te neem sonder hom. Ek het gevoel my emosies neem oor toe dit tyd word om foto’s te neem ná die seremonie. Ek het angstig en byna geïrriteerd geraak, maar ek het geweet die foto’s moes geneem word,” het sy op Facebook geskryf.

Vasberade om eer te betoon aan Lake, het Anna haar trou-fotograaf gevra om haar seun op haar troufoto's in te Photoshop.

“Ek het hierdie foto meer nodig gehad as wat sy of enigiemand anders ooit sou kon besef. DIT is my gesin. En ons gaan weer bymekaar wees.”

Die fotograaf, Brandy Angel, het toe vir Lake in die vorm van ’n newebeeld ingesluit op die foto, en so Anna se wens vervul.

Anna, wat ook die ma van Tridon (5) en Cambree (2) is, vind nou berusting in die gedokterde afbeelding.

“Ek kon sy teenwoordigheid aanvoel. Vir my was dit die regte ding om te doen.”

Bronne: usatoday.com, boredpanda.com