Ben Patterson het net een taak gehad: Hy moes Vrydag na die kinders omsien sodat sy vrou saam met vriende kon uitgaan. Maar op pad huis toe het hul seun, Declan, in die motor opgegooi. “Dit het nou net gebeur,” het Ben vir sy vrou, Stephanie, in ’n boodskap geskryf en die foto van hul seuntjie saamgestuur. “Ek het afgetrek en probeer nou self om nie op te gooi nie.”

View post on imgur.com
Van daar af het dinge net vererger. ’n Desperate Ben het gesukkel om sy vrou in die hande te kry en sy monoloog voortgesit. Lees ook: Kenners gee raad: Hanteer só kinders se stres en angs “Ek weet regtig nie wat om te doen nie. Ek gooi op elke keer as ek hom probeer skoonmaak. Ek het opgegooi op ’n vrou se grasperk in Burlingame en toe kom sy uit en vra of ek dronk bestuur met my kinders in die motor. Ek het probeer verduidelik ek gooi op as ander mense opgooi en kan nie die reuk hanteer nie.”
View post on imgur.com
En toe daag die polisie op.
View post on imgur.com

“Nou ’n asemtoets,” skryf Ben aan sy vrou en voeg by sy “skuld hom baie”.

Ná ’n bietjie ondervraging is Ben huis toe terwyl “Declan aanhou opgooi het”.

Lees ook:Kyk: Omstrede swemvideo het ouers warm onder die kraag

Die hopelose (dog skreeusnaakse) situasie het sedertdien op die internet versprei en is al meer as 13 000 keer gekyk sedert dit aanlyn gedeel is.

Ons kan nie help om te wonder wat Stephanie se reaksie was toe sy eindelik op sy boodskappe reageer het nie.

via GIPHY

Bronne: Imgur.com, distractify.com

Lees ook op Huisgenoot.com:

Meisie smeek om na selfdoodkliniek geneem te word elf jaar ná geheimsinnige goggabyt

Die smeulende Justin Serrao se weergawe van Kinders van die Wind sleur luisteraars mee

Foto van ’n pa wat sy siek seun troos word herhaaldelik van Facebook verwyder

Pieter Koen en Cordelia wil harte verower met dié liedjie

Sinead O’Connor ongedeerd gevind ná polisiesoekto