Pretoria –

Die 23-jarige vrou is Maandag vir kinderverwaarslosing in hegtenis geneem.

Die polisiewoordvoerder konst. Connie Moganedi sê die vrou het by die polisiekantoor kom aanmeld haar kind is gesteel.

“Sy het beweer haar kind is gesteel, maar sy het later erken sy het haar baba langs die treinspoor gelos. Blykbaar wou sy ’n ’n partytjie bywoon,” sê Connie.

Connie sê twee mans tussen die ouderdomme van 17 en 22 het die baba na die polisiekantoor op Cullinan geneem.

“Die mans het gesê hulle het afgekom op ’n baba, wat in ’n babakombers toegedraai was, waar hy op sy maag langs die treinspoor lê en huil.”

Die ma sal na verwagting iewers in die week in die hof verskyn, sê sy.

Die baba het intussen ’n nuwe tuiste by ’n kinderhuis in Pretoria gekry.

Bron: News24