Cindy glo dat babas net so goed soos hul ouers kan kommunikeer dat hulle moeg of honger is.

[caption id="attachment_163223" align="alignnone" width="600"]Cindy meen dis nooit te vroeg om vir ’n baba te leer om ’n potjie te gebruik nie. Foto: Kidspot.com Cindy meen dis nooit te vroeg om vir ’n baba te leer om ’n potjie te gebruik nie. Foto: Kidspot.com[/caption]

Sy maak gebruik van uitskakelingskommunikasie – wanneer ouers onder meer tydsberekening, leidrade en intuïsie gebruik.

“Toe ek vir die eerste keer vir my man vertel dat ek uitskakelingskommunikasie gaan gebruik, het hy gedink ek is besig om mal te raak,” vertel Cindy in ’n inskrywing op die blog Kidspot.com.

“Dit het gou verander toe hy my vir die eerste keer met ons baba sien praat terwyl ek haar oor die wasbak hou.

“Hy was dadelik ’n vurige ondersteuner van dié ouerskapsuitdaging en is nou verslaaf daaraan,” vertel sy verder.

Cindy vat Chloe na die badkamerwasbak sodra sy dink die kleinding moet kamer verlaat. Sy hou haar dan oor die wasbak en vra sy moet piepie.

“Ek hou my baba oor die wasbak sodat ons albei in die spieël kan kyk. Sy hou daarvan om vir haarself en my te kyk sodat ek kan sien wat sy met haar gesig en lyfie doen.

“Ek sê dan ‘piepie’ en maak ’n psss-geluid as ’n wenk dat sy maar mag urineer,” vertel sy.

Cindy meen dié wenke beteken dat sy met Chloe sal kan kommunikeer soos sy ouer raak.

“Sy sal weet dat sy die toilet kan gebruik en nie sommer oral uitskei nie. Wanneer ek haar verkeerd ‘gelees’ het of te laat by haar uitkom, herhaal ek net die woord ‘pie’ ’n hele paar keer sodat sy dit met die daad vereenselwig.”

Dit is makliker om jou baba na die wasbak te neem wanneer hulle pas wakker geskrik het, sê Cindy.

“Die meeste van ons moet ’n draai looppas nadat ons wakker geword het; babas ook. Nog ’n goeie tyd is net nadat hulle geëet het.”

Cindy herinner haar man daagliks daaraan dat sy liewer van uitskakelingskommunikasie gebruik maak as dat sy heeldag vuil doeke omruil.

“Die band wat jy met jou baba vorm, is selfs meer intens en lonend,” sê Cindy.

Bronne: Kidspot.com, Mirror.co.uk, Thesun.co.uk.