Ene Jeremy se vrou, die Imgur-gebruiker Laureeadeline, het besluit om haar man se flater aan die groot klok te hang nadat hy hul dogtertjie, Olivia, dagsorg toe gestuur het in ’n skouerbroek -- sonder ’n hempie aan. Toe sy vrou hom daarna in ’n SMS vra: “Het jy vir Olivia dagsorg toe gestuur sonder ’n hemp aan?” was sy antwoord bloot: “Ek het haar gestuur met daardie ding (verwysend na die skouerbroek) aan.” Lees ook: Ma los baba net een aand by pa – vandaar volg een ramp na die ander! Toe Olivia se ma haar pa uitwys hy moes eintlik vir haar ’n hempie onder die skouerbroek aantrek, het hy dadelik sy onkunde erken.

Dadding lvl100

Nadat Laureeandeline ’n skermgreep van Olivia sonder ’n hempie en haar gesprek met Jeremy aanlyn gedeel het, was sy verbaas om te hoor hoeveel ander gebruikers erken hul mans het geen benul van kindermodes nie.

Lees ook: Kan jy dit glo? Hierdie ma het vyf vreemdelinge haar baba laat borsvoed!

Een pa het byvoorbeeld vertel hy het sy dogtertjie met haar rokkie agterstevoor aan dagsorg toe gestuur toe sy vrou op ’n dag nie daar was nie. Boonop was dit fotodag by die dagsorg.

“Dit het valletjies en goed gehad. Ek het probeer,” het die pa mismoedig erken.

Arme Olivia gaan tien teen een eendag na hierdie foto terugkyk en haarself dood skaam. Of bloot saam met haar pa lag, want hy het immers net die beste bedoelings gehad.