Bloemfontein – .

Die meisie, Charneil Wilson (18), het vroeër die dag haar ma met ’n skoolfunksie gehelp, het Harward Ndaba, woordvoerder van die departement van onderwys, gesê.

“Toe hulle klaar vir die funksie voorberei het, het die ma en drie van die meisie se vriende die klaskamer verlaat en sy’t agterbly,” sê Harward. Toe haar ma terugkeer na die klaskamer was dit gesluit. Harward sê toe die kind se ma deur die venster kyk, het sy haar dogter van die plafon sien hang. “Sy het nie ’n briefie agtergelaat nie. Ons het selfs haar foon nagegaan en daar’s niks,” het hy gesê en bygevoeg dat Charneil ’n slim student was.

"Daar is hulp daarbuite"

Haar familie wou nie kommentaar lewer op die voorval nie. Intussen het die Suid-Afrikaanse Depressie-en-angsgroep (Sadag) gesê selfdood en depressie onder tieners kom al hoe meer voor.

Selfdood is nie al manier om probleme op te los nie, het Cassey Chamber, bedryfsdirekteur van Sadag, gesê. “Tieners is nie alleen nie. Daar is hulp daarbuite. Dit kan jou regtig help om jou probleme die hoof te bied as jy met iemand praat. Selfdood is ’n permanente oplossing op ’n tydelike probleem.”

Bron: News24