’n Jong ma het tydens ’n woordewisseling met haar skoonma haar seun se been met ’n vleisbyl afgekap.

Die 30-jarige vrou van die stad Guyuan in die outonome streek Ningxia Hui in die noordweste van China, het toe na bewering ’n vleisbyl opgetel en haar seun se regterbeen by die bobeen morsaf gekap.

Die plaaslike owerhede het gereageer op inligting oor ontstellende gille en skreeue. Hulle moes deur ’n sitkamervenster tot die gesin se huis toegang verkry, want al die deure was gesluit.

[caption id="attachment_163675" align="aligncenter" width="550"]Foto: Magazine Features Foto: Magazine Features[/caption]

Wetstoepassers het die ma, wie se van Wang is, op die toneel in hegtenis geneem en die seun, wat bewusteloos was weens ernstige bloedverlies, na die hospitaal gehaas.

’n Polisiebeampte het ook van die misdaadtoneel gehardloop met ’n plastieksak in die hand wat hy toe aan paramedici oorhandig het. Die sak het vermoedelik die seun se afgekapte ledemaat bevat.

Dit is onduidelik of die seun se ouma, Wang se skoonma, tydens die voorval beseer is.

Dokters by die hospitaal het die seun se regterbeen suksesvol aangeheg en hy is nou onder 72-uur-waarneming in die waakeenheid.

[caption id="attachment_163676" align="aligncenter" width="550"]Foto: Magazine Features Foto: Magazine Features[/caption]

Die dokters het opgemerk dat spierdood by die ledemaat ingetree het weens ernstige bloedverlies, maar die langtermynuitwerking van die onbekende seun se besering is nog onduidelik.

’n Plaaslike inwoner word in berigte aangehaal dat die ma ’n psigotiese episode tydens die aanval beleef het, maar die owerhde het nog nie bevestig of die verdagte aan enige sielkundige siekte ly nie.

- Magazine Features