Die polisie het Maandagoggend die lykie in die huis gevind en die ma in hegtenis geneem. Die baba het glo ook “verskeie ander traumas” ondergaan.

Daar was ook steekwonde aan die regterkant van die baba se gesig en kop. Haar een arm was gekraak.

Die ma, Deasia Watkins (20), het al voorheen toesig oor die kind verloor. Net 10 dae voor haar dood is baba Janiyah van haar ma af weggeneem omdat die bure gekla het sy skeep die kind af. Sy het kort daarna weer toesig oor die kind gekry.

Die ondersoek duur voort.

Bronne: ktla.com, fox2now.com, nydailynews.com