Johannesburg –

Die seun is gebore met ’n seldsame toestand genaamd epispadie en moet nog doeke dra.
Hy word ook daaroor geterg. 'Hy verstaan nog nie . . .dit breek my hart.'

Hy moes al verskeie operasies ondergaan en urineer nou deur ’n ingeplante buisie. Maar die buisie breek egter gereeld en veroorsaak ernstige blaasinfeksies, het sy ma aan Netwerk24 by hul huis in Rustenburg in Noordwes gesê.

Prof.?Dionne Celliers, ’n uroloog van Pretoria wat die seuntjie behandel het, het gesê die kind het die ergste graad van epispadie.

Sy het hom na deskundiges by die Rooi Kruis-kinderhospitaal in Kaapstad verwys. Die seun en sy ma sal op 28 Junie Kaap toe reis.

‘Ek sal alles verkoop’

Die ma hoop om prof.?André van der Merwe, die uroloog van die Universiteit Stellenbosch wat vroeër vanjaar die eerste penisoorplanting ter wêreld gedoen het, dan ook te ontmoet.

Sy het haar seun se mediese verslae aan André gestuur en wag op terugvoering van hom.

“Ek hoop hulle kan my kind help,” het sy gesê. “Dit maak nie saak wat dit kos nie. Ek sal alles in my huis verkoop sodat my kind ’n normale lewe kan lei,” het sy hartseer gesê.

Haar seuntjie word nooit na verjaardagpartytjies genooi nie en hy kan nie by maats speel nie omdat hy nog doeke dra.

Hy word ook daaroor geterg. “Hy verstaan nog nie . . .dit breek my hart.”

Vania van der Heever, Netwerk24

News24