Toe die jong ouers Keri en Royce Young van Amerika hoor hul baba se brein het op 19 weke nie ontwikkel nie, het hulle steeds besluit om voort te gaan met die swangerskap.

[caption id="attachment_165264" align="alignnone" width="600"]Foto: Facebook Foto: Facebook[/caption]

Keri het vir haar sonar gegaan en so uitgevind klein Eva se brein het nooit ontwikkel nie.

Ondanks die skok, het Keri gevra: “As ek haar die volle termyn dra, kan ons haar organe skenk?”

Haar man, Royce, het sy verwondering vir sy vrou in die sosiale media gedeel.

“Hierdie hele proses was vir ons moeilik. Keri was die hele tyd in die loopgrawe, sy voel elke liewe skop, elke beweging.

“Sy word elke oomblik van elke dag herinner dat sy ’n baba dra wat gaan doodgaan,” het hy op sy Facebook-tydlyn geskryf.

Hul besluit om Eva te hou, is nie net gegrond op die skenking van haar organe nie; dit is ook omdat hulle weet Eva is lewend en verdien om haar ma en pa te ontmoet.

“Ek het die ander aand na my pragtige vrou gesit en kyk toe sy op die bank geslaap het.

“Haar maag was groot van ons dogter wat binne haar skop, ’n dogter wat nie langer as ’n paar dae gaan lewe nie, en ek het weer besef hoe fantasties hierdie vrou van my is.”

Eva word op 7 Mei verwag.