Luidens Lt. Kol. Moatshe Ngoepe was “die voertuie in teenoorgestelde rigtings op pad wat gelei het tot ’n kop-aan-kop botsing”.

Die ma en dogter was in ’n Corsa bakkie en het gebots met ’n 34-jarige man in ’n 4x4-voertuig. Dié het ook aan die brand geslaan.

Die man het ernstige brandwonde opgedoen en is tans nog in die hospitaal.

Die oorsaak van die ongeluk is steeds onbekend, alhoewel die polisie ’n saak van strafbare mansslag oopgemaak het.