Wat nog te sê as dit jou eie babaseun is.

Dit is wat John David Cain (26) en Deanna Lynn Greer (37) van Greene County in Tennessee probeer doen het. Die baba was boonop ’n “winskopie” waarvoor hulle sowat R39 000 gevra het.

Kort voor lank het hul advertensie aandag getrek. Nie dié van ’n koper nie, maar wel van die Greene County-sheriff se kantoor. ’n Polisieman het voorgegee hy wil graag die kopie beklink en het gereël om die twee by die Dollar General-winkel langs die Asheville-snelweg te ontmoet.

[caption id="attachment_165890" align="aligncenter" width="600"]Die Dollar General-winkel waar die paartjie hul rieme styf geloop het. Die Dollar General-winkel waar die paartjie hul rieme styf geloop het.[/caption]

Die twee het houtgerus met hul baba in ’n stootwaentjie by die winkel aangekom om die transaksie te beklink. Die polisieman wat as die koper opgetree het, sê hyself kon kwalik glo dat mense werklik hul eie kind sou verkoop.

Nadat die geld oorhandig is, het die ma van die geld gevat, die winkel binnegegaan en sigarette gaan koop.

Vergeet van klinkende munt. Die enigste geluid wat die paartjie gehoor het en nie maklik sal vergeet nie, is dié van boeie wat om hul polse gesluit het.

Hulle word daarvan aangekla dat hulle willens en wetens die babaseun in ernstige gevaar geplaas het en hom aan liggaamlike beserings of dood sou blootstel deur hom aan ’n onbekende mens te verkoop.

Van die inwoners het die paartjie se verkooplus as “heeltemal onbegryplik, die ergste ding ooit” beskryf.

Deanna sal op 7 April en John op 8 April in die hof verskyn. Die seun is in veilige bewaring geplaas.

  Dit is nie die eerste keer dat babas op Craigslist geadverteer word nie. Paul Marquez het in Julie 2013 sy twee maande oue baba vir sowat R1 300 te koop aangebied. “Dokters sê sy het asma en as sy op ’n sekere manier draai, hou sy op met asemhaal. Sy werk op my senuwees en ek wil haar nie hê nie.”

Elaine Williams (47) wou glo op haar beurt in 2015 ’n baba as ’n geskenk vir haar 14-jarige dogter koop.

Sy het beweer haar dogter wil ’n baba hê – met of sonder haar ma se hulp – en dit was haar beste opsie om te help.