Konst. Maria Mazibuko, woordvoerder van die Meyerton-polisiekantoor, sê die polisie het nog “geen idee” waar Violet Salome Vosloo (45) en haar kinders, Lee-Ann (19), Marius (23) en Lanie (16), is nie.

VermisteGesin

Al vier se selfoon is af en hulle net nog nie kontak gemaak met Violet Salome se man nie. Die man, wie se naam nie bekendgemaak is nie, wou nie met Huisgenoot praat nie en het gevra sy privaatheid moet gerespekteer word.

Maria sê die man het op Sondag 17 April met sy aankoms by hul huis in Highbury op Meyerton gesien sy gesin is weg. Die deure was oop en al hul klere is daar. Die polisie wou nie uitbrei oor die omstandighede rondom die Vosloos se verdwyning nie en het gesê dis alles deel van die ondersoek. "In dié stadium maak ons die inligting bekend in die hoop dat iemand hulle iewers sien.”

Enigiemand met inligting kan Maria  by 082-560-9143 bel of die Meyerton-polisiekantoor by 016-362-0123.

Ander stories op Huisgenoot.com

Die porsiebeheerdieet – die dieet wat werk!

Danksy berigte help weldoeners dodelike siek meisie by Rooi Kruis uitkom

Kyk: Die kietsie skrik g’n niks vir water en reis boonop om die wêreld!

‘Hulle help my deur my donkerste tye’: Jong kwadrupleeg spandeer haar lewe om soos Barbie en Britney Spears te lyk

Waarskuwing: Nog wilde weervooruitsigte vir die Kaap