Paramedici het die kind, wat glo vier jaar oud is, dood op die toneel aangetref, het Werner Vermaak, ER24-woordvoerder, gesê.

“Die ma is binne in die voertuig met noodlottige beserings aangetref.

Lt. kol. Kobeli Mokheseng, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie, het gesê die 37-jarige bestuurder van die voertuig en ’n 10-jarige meisie is na die Union- en Sunshine-hospitale vir behandeling geneem.

“Dis op hierdie stadium onduidelik wat die ongeluk veroorsaak het, maar voorlopige ondersoeke dui daarop dat uitputting dalk ’n rol kon gespeel het,” het hy gesê.

Kobeli sê verkeersvloei op die snelweg was vir meer as twee uur geraak.

Hy het bygevoeg dat die Ekhurhuleni-metropolisie se ongelukrekonstruksie-eenheid die oorsaak van die ongeluk gaan ondersoek.

Bron: News24