“Ma, ek was amper dood.” Dit was die eerste woorde wat ’n KwaZulu-Natalse tiener vir haar ma gesê het toe sy haar in ’n kliniek in KwaMashu besoek nadat die meisie Maandag van ’n bewegende trein afgeval het.

Nonzondolelo Sithole (60), van J-seksie in KwaMashu, sê haar dogter, Smangele (14), is om ongeveer sesuur die oggend by die huis weg op pad skool toe.

Nonzondolelo sê iemand het haar later gebel om vir haar te sê iets het gebeur en sy moet haar na die KwaMashu-stasie haas.

Lees ook: Kyk: Roerende oomblik toe baba vir die eerste keer sy ma duidelik kan sien

“Ek het altyd vir haar gesê sy moenie met die trein ry nie, want dit is gevaarlik. Maar haar vriende het haar oorreed.”

“Sy het Maandag vir my gesê al die deure was toe buiten een en sy het na daardie een gestap. Haar een voet was in die trein en die trein het begin beweeg en sy het gegly en op die perron geval.”

Nonzondolelo sê haar dogter het op haar knieë geval en gekyk hoe die trein langs haar verbygaan.

Lees ook: Jong Anakin Skywalker met geestesgesondheidsprobleme gediagnoseer

“Ek het ’n oproep gekry dat sy op die stasie geval het. Ek was bang. Dit was die Here wat haar gered het. Ek weet nie hoe sy oorleef het nie.”

Nonzondolelo sê haar dogter sterk goed aan by die huis.

Bron: News24

Ook op Huisgenoot.com:

Emosionele tuiskoms vir SA kleuter ná drie jaar agter tralies saam met ma

Doodsreuk hang in hospitaal nadat erg ontbinde lyk glo in hysbakskag gevind is

Hofmeyr-boeties se liefdeslewe beleef uiterstes

Sexy Ryk en sy beeldskone Sahar baljaar tussen die branders van die Maldives

Banters let op! Algemene wanopvattings oor eetplanne met min koolhidrate