Tysha Stapleton, van Suid-Londen, is moontlik vir die res van haar lewe vermink nadat kokende sap haar gesig, nek, bors en arm getref het.

Die leerling-fiksheidsinstruktrise het na bewering verlede week die menger vir ongeveer R2 000 by ’n plaaslike toebehorewinkel gekoop. Toe die menger ná die tweede gebruikslag nie wou werk nie, het sy die versapper van sy motor afgehaal en vergeefs probeer om dit los te draai voor dit in haar gesig ontplof het. “Dit is nie veronderstel om warm te wees nie, maar dit moes vanself verhit en toe ontplof het,” het sy aan The Sun gesê. “Die pyn was verskriklik. Ek kon voel hoe my vel brand. “Ek het gedink ek is blind. My vel het van my gesig af gesmelt.”

Die ma van een kind is na die Chelsea and Westminster-hospitaal gehaas sodat sy behandeling vir haar brandwonde kon ontvang.

Tysha sal, die beste pogings van die dokters ten spyt, moontlik vir die res van haar lewe geskend wees.

Volgens NutriBullet sal hulle net kommentaar lewer nadat die voorval ondersoek is.

“Ons maak seker daar voldoen aan die hoogste peil ten opsigte van gehalte.”

Bronne: metro.co.uk, thesun.co.uk