Die 53-jarige musiekmagnaat se meisie, die New Yorkse sosiale vlinder Lauren Silverman, is glo swanger. Lauren is sy vriend Andrew Silverman se vervreemde vrou.

Simon se 87-jarige ma, Julie, kan nie wag om ouma te word nie. Sy het aan The Sun gesê: “Ek het nog niks amptelik gehoor nie. Maar as dit waar is, is ek absoluut verheug. Dis wonderlik! Hy sal ’n fantastiese pa uitmaak. Hy sal wonderlik wees.”

Rosy Davis, Lauren se stiefma, het die nuus bevestig en erken haar familie is “opgewonde” dat sy die baas van The X Factor se kind verwag.

Sy het aan MailOnline gesê: “Ons is almal opgewonde oor die baba. Dis pragtig. Ons voel geseënd. Enige kind is ’n seëning.”

Andrew het Lauren (36), wat glo 10 weke swanger is, glo op 15 Julie gevra om te skei en op 24 Julie sy verklaring afgelê.

Die vervreemde egpaar het ’n sewejarige seun, Adam.

Dit het intussen aan die lig gekom Andrew se ouers, Eleonora en Allen, het nie sy en Lauren se troue bygewoon het nie, want hulle het die beeldskone brunet nie vertrou nie.

’n Bron het gesê: “Andrew se ouers het hul troue geboikot, want hulle het hul bedenkinge oor Lauren gehad. Hulle het gedink sy is verdag.”

Simon en Lauren het mekaar glo ’n paar jaar gelede ontmoet toe hulle in Barbados vakansie gehou het. Andrew het hulle aan mekaar voorgestel en die drie het sedertdien vele maal saam gaan vakansie hou.

Die bron het bygevoeg: “Hulle het altyd maand lange reise gereël. Andrew het twee weke lank gebly en dan sy sakebelange gaan behartig terwyl Lauren agtergebly het. Mense het veral gepraat wanneer sy hul seun by die huis gelos en ’n maand lank weggebly het.”