’n Ma van Mosselbaai is dringend op soek na haar 19-jarige dogter wat spoorloos verdwyn het.

[caption id="attachment_159399" align="alignnone" width="600"]Anita Coetzee en haar dogter, Yasmine. Anita Coetzee en haar dogter, Yasmine.[/caption]

Anita Coetzee het die naweek laas met haar dogter, Yasmine Olivier, gesels om reëlings te tref vir Dinsdag 14 Februarie. Yasmine sou op dié dag ’n bus neem na Mosselbaai.

Sy het egter nooit die bus gehaal nie en Anita het sedert die naweek geen kommunikasie met haar dogter gehad nie. Yasmine se foon is ook intussen afgeskakel.

Anita het die Mosselbaai-polisie reeds genader vir hulp. Hulle werk met die Stellenbosch-polisie saam om Yasmine te probeer opspoor.

Yasmine woon tans op die Stellenbosse landgoed Nooitgedacht. Sy het blonde hare en groen oë, is 1,6 m lank en slank gebou.

Enigiemand met inligting oor waar Yasmine is, kan Anita by 073-844-1180 bel.