Klein Clark Job Edman is op 15 September 2015 gebore en hy sou die tweede seun van Genavive en Cameron en bababoetie vir die klein Gabe wees. Hy is egter met ’n siekte, wat bekend staan as akranie, gediagnoseer terwyl hy nog in sy moeder se baarmoeder gegroei het.

[caption id="attachment_113870" align="alignnone" width="600"]Genavive saam met baba Clark Job kort na sy geboorte Genavive saam met baba Clark Job kort na sy geboorte[/caption]

Akranie is ’n fetale afwyking waar die een of ander deel van die skedel nie ontwikkel nie. Kanse op oorlewing buite die baarmoeder is skraal tot nul.

Alhoewel sy hiervan bewus was, het Genavive, van die VSA, geweier om haar baba te laat aborteer en het sy hom nege maande lank gedra en haar groeiende buik gedokumenteer. Clark Job is uiteindelik stilgebore.

[caption id="attachment_113871" align="alignnone" width="600"]Die ouers, Cameron en Genavive, wou hul seun sien, alhoewel hulle geweet het hy sou nie buite die baarmoeder oorleef nie. Die ouers, Cameron en Genavive, wou hul seun sien, alhoewel hulle geweet het hy sou nie buite die baarmoeder oorleef nie.[/caption]

“Die lewe is kosbaar, wonderbaarlik, die moeite werd en pragtig,” het sy op haar Facebook-blad verklaar.

Ná sy geboorte en dood het Genavive pragtige en ontroerende foto’s van haar babaseuntjie, haar reis deur haar swangerskap en selfs foto’s van sy begrafnis op haar Facebook-blad gedeel, ten einde haar geloof dat “elke kind behoort sy Godgegewe potensiaal te kan bereik” te beklemtoon.

[caption id="attachment_113872" align="alignnone" width="600"]Ouboet Gabe en sy ouers, Cameron en Genavive, omhels die baba Clark Job. Ouboet Gabe en sy ouers, Cameron en Genavive, omhels die baba Clark Job.[/caption]

“Dit is ons tweede kind, Clark Job. Hy is op 15/9/2015 vir die hemel gebore en ons was geseënd om 9 heerlike maande saam met hom deur te bring. Ons het die beste gehaal uit die tyd en ons het hom lief as ons kind.

Lees ook: Ouers verras sussies met 'n besonderse kersgeskenk

“Dit is moontlik dat ons hom só baie liefhet dat ons hom in minder as ’n jaar ’n hele leeftyd se liefde gegee het. Ons sal voortgaan om hom lief te hê, alhoewel hy weg is...

"Om van tallose skoppe en kriewelinge (tesame met my drome van ’n toekoms vir hom) te gaan tot by niks, is verskriklik as jy weet dat, in plaas van in die wiegie langs jou bed, sy liggaampie in ’n doodskis gekoester lê,” het sy gedeel.

[caption id="attachment_113873" align="alignnone" width="600"]Cameron, Gabe en Genavive by Clark Job se begrafnis. Cameron, Gabe en Genavive by Clark Job se begrafnis.[/caption]

Bronne: Facebook, liveactionnews.org