Stories van ongelooflike gedaanteswisselings beeld verslanking dikwels uit as glansryk, maklik, moeiteloos en aanloklik. Dit wys selde, indien ooit, die donker kant daarvan. Ashley Graham was keelvol vir die onrealistiese beskouing en onthul toe hoe dit regtig is om baie gewig te verloor.

Straying more and more from just wearing black

A photo posted by My Weightloss Journey! (@losinggravity) on

En sy draai nie doekies om nie. In ’n onlangse Instagram-plasing deel die ma van twee foto’s van haar oortollige vel. Dit is ’n algemene probleem wanneer jy baie gewig verloor – en sy het 40 kg afgeskud. “Hoe het ek los vel en rekmerke vermy? Ek het nie! Dis alles daar. Broeke met ’n hoë middel het my beste vriend geword,” skryf sy in die plasing, en voeg by “die angs om dit te plaas, is werklik. Ek sal jok as ek sê my los vel is nie een van my onsekerhede nie, maar ek weier dat dit my verswelg. "Dit hou my nie terug soos die gewig altyd gemaak het nie. Hierdie buik het twee pragtige seuns laat groei. Is deur gewigstoename en -verlies van 90 pond plus (100 pond plus verloor van my swaarste terwyl ek swanger was!) Sal jy los vel hê nadat jy gewig verloor het? Ek sou nie kon sê nie; elke lyf is anders. Sal dit nietemin die moeite werd wees? Ja. "Ook vir diegene wat gevra het: Ek beplan wel om eendag chirurgie te ondergaan, maar intussen werk ek net aan liefliefde. Wees gaaf. Ek vee negatiwiteit uit (geen ‘dit werk’, rome, vloeirome, bla-bla nie) #nofilter #stretchmarks.”

Die moedige ma gebruik ook haar Instagram-rekening om haar verslankingsreis weer te gee.
In een van die hartroerende plasings bedank sy haar man omdat hy haar ondersteun het toe sy ’n laagtepunt bereik. “Ons het soveel saam deurgemaak, en oor die jare het my lyf dramaties verander,” skryf sy langs ’n fotosamesteling van die egpaar voor en ná Ashley se gewigsverlies. “Ons het begin uitgaan toe ek 15 was en ek was gereeld in die hospitaal vir ’n eetsteuring en ander goed wat met depressie verband hou.”

“Toe ek ongesond was, het hy vir my gesê ek is pragtig. Met my eerste swangerskap het ek voortdurend gewig aangesit en nie later my swangerskapsgewig afgeskud nie. Ek is ses jaar lank as vetsugtig beskou. My stryd met depressie het voortgeduur. Hy het vir my gesê ek is pragtig. Dat my lyf mooi en volmaak is net soos dit is.”

Noudat sy ’n “gesonde gewig” bereik het, sê Ashley sy “leer eindelik om my lyf te aanvaar. Om my lyf lief te hê. Iets wat ek nooit regtig kon doen nie en iets wat waarskynlik altyd vir my ’n stryd sal wees . . . Maar een ding wat nie verander het nie, is dat hy my lyf liefhet. Dit maak nie saak wat my grootte is nie, hy het dit lief, hy het my lief. Onvoorwaardelik. Opreg. Daarvoor is ek dankbaar. Drie jaar!”