Donna Cooper het ’n advertensie op die Hornsea Info & Rant Facebook-blad geplaas nadat haar seun op ’n “beperkte rooster” geplaas is weens wangedrag by die skool. Hy woon nou net twee dae per week klasse by.

[caption id="attachment_162629" align="alignnone" width="443"]Foto: Facebook/ Hornsea Info & Rant Foto: Facebook/ Hornsea Info & Rant [/caption]

Net ’n dag nadat die advertensie geplaas is, het die eienaar van The Beach Hut Café die jong man ’n paar skofte aangebied.

“Ek het ná werk tuisgekom en vir hom gesê hy het die volgende dag ’n skof by ’n kafee,” het Donna aan die Hull Daily Mail gesê.

Sy was bevrees dat Nick te lui sou raak as hy heeldag voor sy Xbox of PlayStation sit. “Ek was so kwaad vir hom; ek het geweet ek moes net iets kry om hom mee besig te hou.

“Hy was glad nie beïndruk nie, maar het dit nogtans gedoen en die eienaar was in sy noppies,” vertel sy.

[caption id="attachment_162630" align="alignnone" width="600"]Foto: Facebook/ Donna Cooper Foto: Facebook/ Donna Cooper[/caption]

Nie net het Nick ’n paar skofte by die kafee gekry nie; hy is ook ’n twee weke lange vakleerlingskap by ’n skrynwerkery op ’n nabygeleë dorp aangbied.

Donna se inskrywing het Facebook-gebruikers omtrent aan die gesels gekry.

“Wat ’n goeie ma en rolmodel. Welgedaan,” het ene Ona C Wason geskryf.

Nog een, Elizabeth Jackson, meen dis ’n goeie idee om Nick te leer dat as hy nie skool toe wil gaan nie, hy net sowel sy tyd produktief kan gebruik. “Dalk kom hy dan agter dat die skool eintlik glad nie so sleg is nie. Ek haal my hoed af vir jou.”

Sy wou haar seun ’n lewensles leer omdat sommige kinders verwag ’n werk gaan in hul skoot val, sê Donna verder.

[caption id="attachment_162633" align="alignnone" width="600"]Foto: Facebook/ Hornsea Rant & Info Foto: Facebook/ Hornsea Rant & Info[/caption]

“Ek het die nommer van die skrynwerkery vir hom gekry, maar dit aan hom oorgelaat.

“Hy het self ’n onderhoud gereël terwyl ons by die werk was en nou het hy ’n vakleerlingskap gekry in iets wat hy nog altyd wou doen,” vertel Donna.

Bronne: Hulldailymail.co.uk, Dailymail.co.uk, Mirror.co.uk.