Ter herinnering aan ons geliefde Tat, het die M-Net-familie ’n paar veranderinge in hul uitsaaiskedules gemaak om die onvergeetlike en betekenisvolle betowering wat Madiba tot ons lewens bygevoeg het, te vier. Dié kanale is onder meer M-Net, M-Net Series, M-Net Movies en kykNET. Hier is ’n lys van die veranderinge:

M-Net, M-Net Movies

M-Net 101

Vrydag, 6 December om 19:30 – Carte Blanche spesiale uitsending (vervang Ironside)

Dié uurlange program sal Nelson Mandela se lewe en nalatenskap die afgelope 95 jaar gedenk. Dit is ’n spesiale uitsending wat sal terugkyk oor die wonderlike man se lewe, met unieke onderhoude met onder meer sy vrou, Graça Machel.

Sondag, 8 December om 19:00 - Carte Blanche

In hierdie Sondag se episode van Carte Blanche, voer die span eksklusiewe onderhoude met van Suid-Afrika se prominentste leiers in wanneer hulle eerbetoon bewys aan die nalatenskap van Nelson Mandela.

Sondagaand-lokettreffer, 8 Desember om 20:05 op M-Net 101 en om 20:30 op M-Net Movies Premiere (kanaal 103)

Rise of the Guardians vervang Twilight: Breaking Dawn Part 2

Oorsig: Rise of the Guardians (2012) PG Regisseur: Peter Ramsey Met:  Chris Pine, Alec Balwin en Hugh Jackman ’n Bose gees prober die wêreld in donkerte te dompel en die mitiese Guardians tot niet te maak. Om die wêreld en die verbeeldings van kinders oral te red, moet die Guardians saamwerk om hom te oorwin.

Mzansi Magic 

Vrydag, 6 Desember om 18:00 -  My top 10 @ 10 Madiba Tribute Hierdie spesiale episode van My Top 10 @10 spog met Suid-Afrikaanse gaste soos Mfundi Vundla, Yvonne Chaka Chaka en Somizi wat hul mooiste herinneringe aan Madiba deel. Vrydag, 6 Desember – Madiba-dokumentêr om 23:00 ’n Dokumentêre film oor die lewe van Nelson Mandela en sy droom om die nasie te herenig.

kykNET

Vrydag, 6 Desember vanaf 19:30 -  Max oor Madiba

Die Joernalis en politieke kommentator Max du Preez gee ’n kykie na die lewe en era van die legendariese Madiba.

Sondag, 8 Desember om 14:30 -  Mandela Merkwaardige Man

Deel 1: ’n Kykie na die lewe van hierdie merkwaardige man en ’n besoek aan sy tuistes in Qunu en Mqhekezweni. Vriende en familie praat oor sy lewe en inhuldiging as Suid-Afrika se eerste demokraties-verkose president.

Deel 2: ’n Kykie na Madiba se rol as leier, nasie-bouer en vredemaker. Vriende en familie praat oor Madiba se dag-tot-dag lewe, sy liefde vir kinders en persoonlike ervarings.

Sondag, 8 Desember om 19:30 - So onthou ek Madiba

Bekende mense en akademici wat Madiba ontmoet het deel hul herinneringe.

Maandag, 9 Desember om 19:30 -  Robinson Regstreeks

Opsomming: In die dae net voor Mandela se 92ste verjaardag, het Freek Robinson met van sy vertrouelinge, vriende en invloedryke mense gesels oor rassisme, versoening en sy verhouding met Afrikaans-sprekende Suid-Afrikaners.

Dinsdag, 10 Desember om 19:30 Rian - Nelson Mandela Spesiaal ’n Samevoeging van Rian se onderhoude oor Nelson Mandela. Woensdag 11 Desember at 19:30 - Kwêla Spesiaal ’n Spesiale huldeblyk aan Mandela wat sy toespraak by die Klein-Karoo Nasionale Kunstefees insluit.

Vuzu

Vrydag, 6 Desember om 18:00 - V Entertainment Madiba Special ’n Kykie na vandag se internasionale boodskappe wat instroom vir Madiba; bekendes gee hul 67 minute terug op Mandeladag en Ndileke Mandela praat oor die tyd wat sy saam met haar oupa deurgebring het. Wat uTATA vir plaaslike bekendes vergestalt het…

SABC

Al die programme en advertensies op die SABC-kanale is vir minstens 48 uur gekanselleer. Spesiale uitsendings met huldeblyke aan Madiba sal uitgesaai word.

e.tv

Dié kanaal het ook alle programme gekanselleer en sal eNCA se regstreekse uitsendings oor Nelson Mandela uitsaai en tussendeur argiefbeeldmateriaal van Madiba wys.