Die nasionale direkteur vir polisie, gen. Ramon Sabillon, sê die owerheid wag op bevestiging van forensiese beamptes dat die lyke dié is van Maria Jose Alvarado (19) en haar suster, Sofia (23). Hy het Woensdag gesê Plutarco Ruiz, Sofia se kêrel, en ’n medepligtige, Aris Maldonado, is in hegtenis geneem.

Die twee het verlede week vermis geraak nadat hulle Plutarco se verjaardagpartytjie verlede Donderdag bygewoon het.

Maria sou Sondag Londen toe gereis het om aan die mej. Wêreld-kompetisie deel te neem.