Die ER24-woordvoerder Russel Meiring sê paramedici het die lyke in die slaapkamer gevind waar die ma op die grond gelê het. 

’n Vyfjarige seun, negejarige meisie en 7 maande oue baba het op die bed gelê. 

Volgens Meiring is dit duidelik dat die pasiënte vir ’n geruime tyd dood is. Ongelukkig kon paramedici niks vir hulle doen nie en is al vier op die toneel dood verklaar. 

Plaaslike owerhede stel ondersoek na die oorsaak van die voorval in.