Die Arik Air-vliegtuig het Dinsdagaand vanaf Lagos na OR Tambo vertrek. "Die lewelose liggaam van 'n verstekeling is Woensdag, 30 November 2016 in die hoof-wielboog van een van Arik Air se A330-200-vliegtuie gevind," het die redery se woordvoerder, Adebanji Ola, in 'n verklaring gesê. Die liggaam is tydens 'n roetine-ondersoek van die vliegtuig gevind. Daar word ondersoek ingestel om uit te vind hoe die verstekeling dit reggekry het om daar te skuil.

Die afgelope vyf jaar was daar verskeie insidente waar dooie Nigeriese verstekelinge in vliegtuie gevind is wat vanaf Lagos na Johanneburg en New York vlieg. Van die verstekelinge het doodgevries of is deur 'n landingswiel vergruis.

Die ernstig-geknelde ekonomiese omstandighede dwing Nigeriërs om hul lewens te waag op soek na 'n beter lewe elders.

Bronne: news24.com, timeslive.co.za