Haar verdwyning volg kort op die hakke van twee tergende moorde waartydens versekeringsmakelaars, ook van Krugersdorp, in die kattebak van hul motors gevind is. Op die aand van 26 Mei is die liggaam van die 29-jarige makelaar gevind, drie weke nadat die lyk van ’n 64-jarige man, ook ’n makelaar, gekry is. Albei mans se lyk was in plastiek toegedraai. Die 52-jarige Hanle is vir die laaste keer gesien toe sy haar motor in Burgerstraat voor die privaat hospitaal parkeer het. Haar motor, ’n silwer Hyundai i10, is Maandagnag daar deur lede van die gemeenskapspolisiëringsforum gevind, maar daar was geen teken van Hanle nie. Skoolkinders het Dinsdagoggend op ’n vrou se lyk in die veld naby Randfontein afgekom. Inwoners word versoek om op die uitkyk te wees na ’n groen Corsa wat moontlik met Hanle se verdwyning verbind kan word.

Luidens berigte was twee mans moontlik betrokke by die misdaad. Geld is by ’n OTM in Krugersdorp-Noord uit haar bankrekening onttrek. Haar man, André Lategan, het aan mydigitnews gesê hy het besef iets is nie pluis nie aangesien dit sy bankkaart is en die bedrag geld wat iemand wou onttrek, sy daaglikse limiet oorskry het. Vroeër Dinsdagoggend het die polisiewoordvoerder kapt. Appel Ernst ’n verklaring uitgereik waarin die volgende bekendgemaak is: “Die lyk pas by die beskrywing van die vrou wat gistermiddag verdwyn het. Naasbestaandes sal versoek word om die lyk uit te ken om te bevestig of dit die vermiste Hanle Lategan is.”
Die toneel waar die liggaam gevind is.

Enigiemand wat lig op die saak kan werp, word versoek om kol. Verna van Staden by 011-951-1097 of 082-498-9484 te bel.

Bronne: krugersdorpnews.co.za, roodepoortrecord.co.za, mydigitnews.co.za

Ander stories op Huisgenoot.com

Kyk: Mense vorm ‘trampolien’ om gesin uit brandende woonstelblok te red

Wêreld se eerste 3D-gedrukte motorfiets lig soos ’n veer

Twee van ons land se mooistes byeen in Monaco!

Gert van Rooyen: ‘Slagoffer’ verbreek stilte ná 39 jaar

‘Ek is so dankbaar’: Vrou wat 18 jaar gelede uit brandende gebou gered is, herenig met haar redder