[caption id="attachment_160644" align="alignnone" width="600"]Foto: Facebook Foto: Facebook[/caption]

Volgens berigte is nooddienste op ’n Dinsdagmiddag om 14:15 na die skool in Redruth, Cornwall ontbied, maar hulle was te laat. Sy is op die toneel dood verklaar.

’n Geregtelike doodsondersoek word nou uitgevoer om te bepaal wat tot Dagmara se dood gelei het.

In ’n inskrywing op die forum ask.fm wat sy voor haar dood geskryf het, het die pragtige jong meisie geskryf sy word afgeknou by die skool.

Op ’n vraag oor watter probleme sy by die skool ervaar het, het sy geantwoord “rassisme” is haar grootste probleem en het bygevoeg dat vriende dinge “agter haar rug” sê, berig MailOnline.

[caption id="attachment_160645" align="alignnone" width="600"]Foto: Facebook Foto: Facebook[/caption]

Die opmerkings is drie jaar voor haar dood gemaak, maar Dagmara se vriende het ná haar dood gesê die geboelie het nie opgehou nie.

“Ek kan dit nie verstaan nie. Hoekom? Sy was so ’n oulike meisie, so vol lewenslus,” het die jongmeisie se ouma aan die koerant vanuit Pole gesê. “Sy was so ’n pragtige, vriendelike en behulpsame mens.”

By die verhoor voor die geregtelike doodsondersoek het speurkonst. Craig Daddow gesê Dagmara se klasmaats het bevestig ’n groep meisies het die blonde tiener afgeknou. Sy is op een geleentheid in ’n gang rondgestoot, berig The Mirror.

Pool Academy het in ’n verklaring ná die voorval haar dood met “oorweldigende hartseer” bevestig.

“Ons is diep geskok en hartseer met die verlies van Dagmara Przybysz. Dagmara was ’n pragtige, slim en kreatiewe 16-jarige student met ’n baie belowende toekoms voor haar. Sy was passievol oor mode en fotografie.”

[caption id="attachment_160646" align="alignnone" width="600"]Foto: Facebook Foto: Facebook[/caption]

Nege getuies sal tydens die doodsondersoek geroep word, insluitend Dagmara se ma, kêrel en verskeie personeellede van Pool Academy.

Bronne: Daily Mail, The Mirror, The Independent, Metro