[caption id="attachment_126495" align="alignnone" width="600"]Maria Strydom en haar man, Robert Gropel. Foto: Facebook Maria Strydom en haar man, Robert Gropel. Foto: Facebook[/caption]

Maria en haar man, Robert Gropel, was afwaarts op pad nadat hulle vroeg teruggedraai het van hul klimtog na Everest toe sy inmekaarsak en aan bergsiekte beswyk.

Na wat berig word, het haar man haar lyk vergesel na die lykhuis van die Tribhoewan-universiteitsopleidingshospitaal.

Lees ook: Jurie Els vertel van sy groot hartseer ná SA vrou op berg Everest sterf

Robert het aan die Australiese uitsaaier ABC gesê hy “wil haar nou net by die huis kry”.

“Ek probeer sterk wees, maar ek leer nog alles verwerk.”

Robert het ook openlik met ABC gepraat oor hul besluit om van die Suidelike piek (by 8 000 m bo seespieël) om te draai en afwaarts te beweeg.

“Sy het ’n baie brawe besluit geneem om om te draai, want sy het nooit tou opgegooi nie,” vertel Robert.

Maria het glo onder meer Everest aangepak omdat sy wou wys dat veganiste ook ruwe en uitdagende fisieke uitdagings kan trotseer.

Bronne: Sky.news.com; ABC.net.au

Ander stories op Huisgenoot.com

Jigg! Kan jy glo dís hoe ruimtevaarders leef?

Kyk: Die dag toe Minki van der Westhuizen Anneline Kriel ‘geword’ het . . .

Nagmerrie-kiem laat medici in koue sweet uitbars

Skokkende brief deur Jayde Panayiotou onthul

‘Bedwelmde’ skape maak amok op rustige Walliese dorpie