Luidens berigte was die baba al ’n rukkie oorlede en was sy lyk toegedraai in ’n lap en plastieksak.

ER24 paramedici is omstreeks 10:10 gister na die toneel ontbied nadat hulle deur veiligheidspersoneel in kennis gestel is.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, het die voorval bevestig en sê die kind is na bewering deur ’n man gevind wat in die asdrom gekrap het.

"Dit was duidelik aan paramedici dat die baba al geruime tyd oorlede was. Hy is op die toneel dood verklaar.”

Russel sê die voorval word ondersoek.