Die lyk van die 21-jarige Hannah Cornelius – van Scarborough, naby Simonstad – is volgens die Sondagkoerant Rapport naby ’n bekende wynplaas buite Stellenbosch gevind.

Rapport berig die polisie het die jong man – sy naam is nog nie bekend nie – wat saam met Hannah in die motor was Saterdag in Kraaifontein opgespoor en het hom na ’n hospitaal geneem.

Hanna was volgens Rapport die dogter van die hooflanddros van Simonstand, Willem Cornelius, terwyl sy vrou, Anna, self ’n bekende in regskringe was.

Die Wes-Kaapse polisiewoordvoerder Noloyiso Rwexan het aan Die Matie bevestig twee verdagtes in hul dertigs is in verband met die saak in hegtenis geneem.

’n Saak van moord, poging tot moord en kaping is geopen en die verdagtes sal na verwagting Maandag in die hof verskyn.

Bronne: Die MatieRapport/Netwerk24