Ineke vanHuyssteen, ER24-woordvoerder, sê die man is in alle waarskynlikheid in sy 50's.

Sy lyk kort na agtuur Vrydagaand is op die agtersitplek van 'n motor gevind. Die motor was in die bosse langs die pad afgetrek.

Hy is op die toneel dood verklaar. Daar is nog geen verdere besonderhede rondom die voorval bekend nie.

Die polisie was ook op die toneel om die saak verder te ondersoek.