Die seun, luidens berigte die 12-jarige Otshepeng Mogapi, het glo Sondag saam met vier ander seuns in die moeilikheid beland terwyl hulle op ’n binneband deur ’n boot op die dam gesleep is. Die vyftal het glo van die binneband afgeval.

Die ander vier seuns, na bewering tussen 12 en 13 jaar oud, is deur die persoon in beheer van die boot gered. Maar Otshepeng het reeds verdrink. Polisieduikers het sedert Maandag onverpoos na sy lyk gesoek tot waar dit vanoggend gevind is.

’n Saak van strafbare manslag is aanhanging gemaak maar niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.