’n Lykhuis het ’n man se lyk weggewys omdat dit te vet was.

Die begrafnisondernemer Joanne Cummings is gedwing om die lyk oornag in haar lykswa te hou nadat die Hedland Health Campus in Australië haar gesê het die lyk, wat 200 kg weeg, is “te vet vir hul fasiliteite.

Joanne moes haar brandstoftenk toe drie keer vul om die lugversorging heelnag aan te hou.

Die lykhuis het verduidelik dat hulle tans toerusting wil installeer wat swaarder lyke kan hanteer.