Die lyk van ’n 65-jarige man is vroeg Woensdag in die Musaion-gebou op die hoofkampus van die Universiteit van Pretoria gevind.

Die man se lyk is na wat berig word half vyf Woensdagoggend met 'n plastieksak oor sy kop deur kampussekuriteit in ’n badkamer gevind. Die universiteit en die polisie het die voorval bevestig, maar min verdere besonderhede is in hierdie stadium bekend. ’n Joernalis op die toneel het getwiet dat die man ’n projekbestuurder by Tukkies was. Die universiteit moet dit nog bevestig.
Volgens Perdeby, Tukkies se amptelike studentekoerant, is die man Dinsdag deur sy vrou as vermis aangemeld. Die Brooklyn polisiewoorder, Kaptein Colette Weilbach, het dit bevestig. ’n Soektog is van stapel gestuur, waarna sy lyk in die badkamer gevind is. Die polisie het intussen ’n moorddossier geopen. "Enigeen wat die polisie kan bystaan met meer inligting kan die Brooklyn polisiestasie kontak by 012-366-1764," het Colette bygevoeg.

Lees ook:

SA man twee keer in een dag in hegtenis geneem