Die lyk van ’n man is langs die N14-hoofweg in Centurion gevind, het paramedici Sondag gesê.

"Paramedici was op pad terug na hul hoofkwartier Sondag oggend toe hulle ’n motor in die middel van die hoofweg geparkeer aantref," het Russel Meiring, ER24-woordvoerder, gesê.

Hy vertel die motor het aan ’n verbyganger behoort wat gestop het toe hy die lyk langs die pad sien.

"Die man het talle beserings gehad en geen teken van lewe gewys nie."

’n Motor, wat vermoedelik aan die man behoort, is verder van die toneel gevind. Die omstandighede rondom sy dood word ondersoek.

Bron: News24