KEER mense jou in die straat voor en verwar jou met Snotkop? Of het jy Jay se sespak? Dalk Bok van Blerk se baard?

Of as jy ‘n vrou is tik mense jou soms op die skouer as jy by die poskantoor in die ry staan en vra vir jou handtekening oor hulle dink jy is Elizma Theron met daar lang blonde hare?

Hier is jou kans om daaruit munt te slaan. Want as jy soos ‘n bekende Afrikaanse sanger lyk, kan jy groot geld wen in Huisgenoot-Tempo se dubbelgangerkompetisie. Dis als baie eenvoudig, en beloof groot pret.

‘n Paneel kundiges by Huisgenoot-Tempo sal deur die inskrywings werk, en in die volgende uitgawe van HG-Tempo sal ons die finaliste plaas – en dan kan jy vir jou gunsteling stem!

Die sangers vir wie ons dubbelgangers soek, is:

Vroue

1 Cheree

2 Jennifer Jones

3 Patricia Lewis

4 Elizma Theron

5 Sonja Heroldt

6 Nianell

7 Andriette

8 Juanita du Plessis

Mans

1 Bobby van Jaarsveld

2 Emo Adams

3 Theuns Jordaan

4 Nicholis Louw

5 Jack Parow

6 Bok van Blerk

7 Snotkop

8 Ray Dylan

Skryf so in:

As jy dink jy lyk soos een van die Afrikaanse sangers – of as jy iemand ken wat soos een van die sangers lyk – skryf dadelik in! Stuur ’n digitale foto van ten minste 300 dpi, maar nie groter nie as 2 MB, na tempodubbelganger@media24.com.  Skryf Tempo-dubbelgangerkompetisie en die naam van die kunstenaar soos wie jy lyk in die onderwerplyn en maak seker jy beantwoord al die vrae op die inskryfvorm in jou e-pos.

Of KLIEK HIER, om die inskrywingsvorm af te laai.

Wat wen jy?

Die algehele dubbelgangerwenner wen ’n allemintige R10 000. Die naaswenner kry R5 000, en die derde plek se prysgeld is R3 000. As jy iemand inskryf vir die kompetisie, kom jy outomaties in aanmerking vir ’n gelukstrekking van drie pryse van R1 000. So as jy iemand ken wat lyk soos ’n ster – skryf hom of haar in!

Wie mag deelneem?

Enigiemand, maar jy moet bereid wees om afgeneem te word vir ’n artikel in Huisgenoot-Tempo. Maak seker jy verstaan die reëls – kyk in die kassie regs onder.

In jou e-pos-inskrywing moet jy die volgende inligting gee:

Volle naam en van

Soos wie lyk die persoon wat jy inskryf? Kies uit een van die bogenoemde sterre.

Jou kontaknommer (bedags)

Jou selnommer

Adres

Wenke

1. As jy ’n foto van jouself laat neem, probeer jou bes om soos die sanger te lyk. Stileer jou hare dieselfde, probeer dieselfde lyk. Elke bietjie help!

2. Stuur foto’s van goeie kwaliteit, en verkieslik in kleur.

KOMPETISIERE?LS

Die kompetisie sluit op 22 Oktober 2010 om 17:00. Die finaliste en uiteindelike wenners sal in kennis gestel word. Foto’s word nie teruggestuur nie. Die aanwysing van die wenners is finaal. Die pryse is nie oordraagbaar nie. Geen werknemers (of hul gesinne) van Media24, Megaprom, die borge en hul reklamemaatskappye mag deelneem nie. Jy moet toestemming hê om die foto in te stuur indien jy iemand anders inskryf. Geen fooie sal vir gepubliseerde foto’s betaal word nie. Media24, Megaprom en die borge is nie verantwoordelik vir enige skade wat uit deelname aan die kompetisie kan spruit nie.