’n Personeellid het vanoggend vroeg op die lyk afgekom en onmiddellik die bestuur in kennis gestel.

Die polisie is ontbied en het die lyk van die dam verwyder.

“Sodra die lyk geïdentifiseer is, sal polisie die naasbestaandes in kennis stel,” het Priya Naidoo,

hoofbestuurder: groepkommunikasie van Tsogo Sun, gesê.

Die tyd en oorsaak van die slagoffer se dood is nog nie bekend nie en word deur die polisie ondersoek.