’n Uitgerekte familietwis oor wie die lyksbesorgers moet betaal ná die dood van ’n man van Vrede het nou breekpunt bereik berig Volksblad.

Die vraag is glo wie moet opdok vir die lyk van Richard Henry Owen (54) van Vrede wat al byna ses maande ná sy dood op Kersdag steeds in die vrieskas by ’n begrafnisondernemer in Harrismith lê.

“Genoeg is genoeg,” het sy broer, Llewellyn, van Pretoria aan Volksblad gesê. “Dit lyk asof daar nooit vrede in dié familie gaan kom nie. Avbob wil my suster ook al dagvaar.”

Wat die familie nie begryp nie, is waarom die oudste suster, Elza Whelan van Vereeniging, ’n tweede lykskouing in Harrismith op dié oudskofbaas laat doen het.

Owen sê die Avbob-rekening in Harrismith beloop meer as R10 000 en om die lyk na Standerton terug te bring waar dokumente by die begrafnisondernemer lê, beloop ’n verdere R3 000.

“Ons was drie dae ná Kersdag in Vrede om van my broer afskeid te gaan neem nadat hy Kersdag dood is. Maar ons was geskok oor die toestand waarin hy was. Ons het die vrou met wie hy saamgebly het, verkwalik dat sy nie betyds laat weet het nie.”

Owen sê die familie is toe na ’n speurder, ’n landdros en staatsaanklaer wat toestemming vir ’n nadoodse ondersoek gegee het.

LEES MEER HIER OOR HIERDIE SAGE

Bronne: Netwerk24, News24