Dié ma van twee het aanvanklik begin om gesigte te verf, maar spoedig het sy uitgevind haar besonderse talent kan beter ingespan word. “Ek hou van kuns wat vreemd of ongewoon is,” vertel Lisha in ’n e-pos uit Canberra aan Huisgenoot.

A photo posted by Lisha (@lishaajasminee_bodyart) on
“Ek was nog altyd ’n bietjie anders as die res wat betref hoe ek dinge doen.” Daarom het dié talentvolle vrou begin om indrukwekkende 3D-kunswerke te skep -- op haar arms en hande.

Lisha vertel sy is mal daaroor om met baie kleur te verf. Sy omskep haar arms in driedimensionele optiese illusies en jy vergeet byna heeltemal dat jy na ’n regte mensehand kyk. “Ek fokus op driedimensionele kuns met baie kleur, omdat dit my die geleentheid gee om kuns te ontwerp wat buitengewoon is,” erken Lisha, die ma van Cooper en Oliver. Lees ook: ‘Ek skep kuns wat lewe kry,’ sê kunstenaar met ’n kettingsaag Sy is glad nie skaam nie en spog graag met haar kunswerke aanlyn.

A photo posted by Lisha (@lishaajasminee_bodyart) on

Lisha vertel sy het sowat ’n jaar gelede begin gesigte verf, maar skaars ’n maand later het sy ’n passie vir lyfkuns ontdek. Sy het haarself gaandeweg geleer om die driedimensionele skeppings te verf. “Ek probeer om elke dag te verf,” verklap sy meer oor die tydrowende proses. Elke ontwerp kan glo enigiets van 20 minute tot drie uur neem.
Lees ook: Kyk hoe ’n hond verf, klavierspeel en doele ingooi Lisha verf van visse tot skoenlappers tot prentjies uit die geliefde animasieprent The Lion King. En haar skeppings jaag gereeld mense die skrik op die lyf.

A photo posted by Lisha (@lishaajasminee_bodyart) on

Sy kry terugvoer van reg oor die wêreld, en vertel dis veral betekenisvol as ander kunstenaars haar laat weet haar werk het hulle geïnspireer.

A photo posted by Lisha (@lishaajasminee_bodyart) on

“Ek is ’n bietjie van ’n perfeksionis en beoordeel my eie werk die hardste,” sê sy. “Maar dit beteken vir my baie as iemand my vertel hulle is mal oor wat ek doen, of dat ek hulle inspireer.”