4830819313_6757408650_z

Het jy al gewonder hoe walvisvleis proe? Dalk kan jy dit een van die dae in jou bier probeer! ’n Yslandse firma het bekendgemaak hulle gaan ’n bier brou wat walvisvleis bevat.

Steojar Brouery beweer dié bier, met ’n 5,2 persent-alkohol-volume, is ’n “gesonder opsie, want walvisvleis het minder vet en geen bygevoegde  suiker nie,” berig The Guardian.

Die bier word spesiaal vir die winterfees gebrou wat jaarliks in Ysland gehou word.

Maar as die idee van walvisvleis nie jou smaakknoppies kielie nie, hoef jy nie bekommerd te wees nie; die bier sal hoogs waarskynlik nooit in Suid-Afrika beskikbaar wees nie.

Bronne: The Guardian; Fox News