Hy het in Mei al besluit hy is lus vir ’n nuwe uitdaging en het toe nie sy 7de Laan-kontrak hernu nie, vertel Hendrik Cronjé (26), Lukas in die Laan, hier in sy woonstel in Sandton.

En net soos sy karakter het die akteur ook ná sy laaste dag op die stel op ’n lang vakansie oorsee vertrek.

Huisgenoot se Jaco Hough-Coetzee gesels in die nuutste uitgawe met Hendrik ná sy terugkeer na Suid-Afrika en vind uit wat hierdie jong man se toekoms inhou.