Aanhangers kan intussen ’n voorsmakie van drie snitte op sy nuwe album kry by op iTunes.

Deur My Venster word na verwagting teen die einde van die maand bekendgestel en dit volg kort op die hakke van die Ghoema-toekennings, waar Refentse met vier pryse weggestap het.

Een van die drie voorsmaak-snitte is ’n duet saam met die legendariese Laurika Rauch, waarin hulle die bekende Stuur Groete vir Mannetjies Roux sing.

Die ander twee snitte is Lalie en Vuil Vanderbijl, wat hy self geskryf het.

Op die nuwe album lewer Refentse ook ’n asemrowende vertolking van Karen Zoid se Engel.

Ander ou gunsteling-liedjies daarop is Sprokies vir ’n Stadskind en Breyten se Brief.

Volgens Tania Fourie, Refentse se agent by Sony-musiek, is sy tweede album nog beter as sy debuut.

“Jy kan Refentse se hele hart en siel daarin hoor,” het sy aan Huisgenoot.com gesê.

Terugflits